
R449/kg
Hoe kom julle by die prys uit? Ek kan dit baie goedkoper maak of goedkoper by ander plekke kry, RIPOFF, SKELEM!, MAL!
- Vokkies is nie ‘n slaghuis nie, ons prys word nie gesubsidieer met wors, tjops, vark, mince, hoender sosaties, patties of enige ander verwante produkte nie.
- Ons gebruik net C-graad vleis, dit is baie skaars dus betaal ons ietwat meer. A-graad vleis is al om beskikbaar, dus is sekere biltong winkels goedkoper.
- Ons gebruik ook net ‘n sekere snit, silverside en topside, dus betaal ons ‘n hoer priemie.
- Wanneer jy biltong droog, verloor jy tussen 50% en 60% gewig. Ons werk op 50% met ander woorde as ons vleis sou aankoop vir R150 per kilo NAT, dan kos dit droog +- R300 per kilo.
- Om Vokkies kwaliteit te kry, bak ons nie ons vleis nie, maar reguleer ons humiditeit en temperatuur 24 uur per dag. Krag is baie duur. Dan het ons soms loadshedding, diesel vir die generator kos baie geld.
- Duur speserye gaan in ons produk.
- Twee ton NAT vleis hang nie hulle self nie, dus het ons personeel om te betaal. Hulle hang die biltong, maak bakke skoon, sorg dat higiene togepas word. Ons Chemical rekening om alles skoon te hou is hoog.
- Al hierdie aktiwiteite vind in ‘n gebou plaas, met koelkamers, droog areas, sekuriteit, water & ligte, wifi, telephone, brandstof, voertuie versekering, skryfbehoeftes ens, EN ONS BETAAL HUUR.
- Dan is ons VAT gerigestreer, so ‘n gedeelte wat jy betaal gaan regering toe.
SLOT SOM
As jy al die in ‘n meng bak gooi en die som doen, bly daar ‘n baie klein % oor wat pa en seun deel om ‘n bestaan te maak.
Dus dink twee keer voor jy jou somme maak en kwyt raak dat ons mal is of mense indoen of ‘n ripoff is.
Daar is baie wat biltong goedkoper op hulle manier kan maak of nie, maar dit is hoe ons dit doen met ons kwaliteit.
Vokkies strewe na kwaliteit elke keer, elke dag dieselfde.
MY BLAAA!!!
Nee! Vokkies is anders as die ander plekke. Wanneer ons net R10 of R20 van ‘n stuk afkerf, dan moet die klient na jou die oorskiet kry. Dit is onregverdig dat jy dan die beter stuk kry en die volgende ou moet met ‘n minder goeie stuk tevrede wees. Dus kom koop of kies jy ‘n stuk wat jou sak pas.
Ons het altyd, maar doen glad nie meer nie…
Ons strewe na geelvet biltong te maak, dus adverteer ons dit. Ons gebruik net sout en asyn. Wanneer jy ons geelvet vacuum verpak, verander die vet van kleur, so ‘n melkerige wit kleur. Mense het ons beskuldig van vals advertensie. Die smaak en kwaliteit verskil ook. Ons het geen kontrole oor die temperatuur in die koerier van nie, of hoe dit hanteer word nie. Ons het meer negatiewe terugvoer as positiewe terugvoer gekry. Ons het dus besluit om alle aflewerings te stop.
Jammer MY BLA!
Kom kuier vir ons, ons gooi ‘n wynjie. Kies ‘n MAKOELOE. Hou vakansie!
Regte geelvet biltong is baie baie skaars, veral in die Wes Kaap. Ons het redelik goeie verskaffers, maar hulle kan ons nie waarborg dat ‘n bestelling van ‘n ton vleis 100% geelvet gaan wees nie.
Hoekom nie?
Beeste word geklas volgens hulle vet, gewig en been presentatie, dan opgesny in blokke of karkaste by ‘n abitoir. Dan koop die groothandelaars dit in groot maat tonne en tonne op ‘n slag. Wanneer Vokkies dit bestel, het honderde reg oor die land ook bestel. Dus kry ons soms, baie soms minder vet stukke. Wanneer ons dit gedroog het en bemark, verkoop die beste en meeste GEEL stukke uit binne ‘n dag of self ‘n paar ure. Wanneer U dalk ons winkels besoek en dalk dun geelvet, glad nie vet of wit vet kry, is dit omdat dit is wat oor is. Ons kan mos dit nie geel toor nie of weggooi nie. SOOOO ONS ADVERTEER NIE VALS NIE, ONS DOEN NIE MENSE IN NIE. Dit is onmoontlik om wat gister verkoop is dadelik met geel te vervang.
GEELVET, REGTE GEELVET IS SKAARS! Ons is soortvan gelukkig ons kry dit biedjie makliker en meer gereeld as die ander… want ons is VOKKIES MY BLA!
Nee, ons gebruik net natuurlike speserye, asyn en sout.
Meeste mense hou van klam biltong, waarvan ons baie het. Ons gebruik geen preserveermiddels nie, dus as jy dit nie dadelik eet nie, of dit nie bere in ‘n droe koel plek of vries nie, sal dit binne ‘n dag of twee mif.
Dit gebeur, die vout kan enige plek le, by ons, by die abbitoir, by die verwerking aanleg. Ons het eintlik min beheer oor dit. Ons kan wel se dat ons higiene sertifikate het en ons word gereeld geoudit. Ons maak nie kliente DEMOER in oor Vokkies wurms nie.
Kom ruil dit asseblief net om vir nuwes. Soooo maklik soos dit.
Ons strewe na kwaliteit en nie wurms nie, maar dit gebeur.
JA! By ons Gordons Baai Tak.
Die antwoord is nie maklik nie… Ons voel dat ons kliente dit self gekies het, dus droog dit self verder of eet dit so. Ons verkoop mense by ons winkels kerf die biltong en skree “gooi hom op die kuwe”, dan laat hy/sy die biltong net daar en dan proe.
Weereens, ons maak nie mense DEMOER in oor ons MAKOELOES nie, skakel ons, ons sal dit op ‘n merete hanteer.
JA en droewors, spices, klere, keppies, souse, halome kaas, beskuit, heuning en roostertjies.
Ons vat kontant, kaarte, entjies, bitcoin, self goud
Nee, ons doen kontant of kaart.
Elke liewe stukkie gaan deur pa en seun se hand, alles met die hand natuurlike.
Meeste uit die Oos Kaap, Humansdorp se wereld, maar C-graad is skaars, so ons vat van waar ons kan kry, maar meeste uit Oos Kaap.
Pa en seun hou daarvan om verklein woorde te gebruik, (bv. Checkers= Checkies, Pick n Pay = Pickies ens.)
Pa en Seun het een aand om die vuur gesit, brannewyn in elk een se hand, en ‘n spice wat hulle saam gemeng het geproe.
Die pa se toe vir seun, “Wow, die spice is Vokkies MY BLA” en toe kry seun die brilliante idee om sy besigheid Vokkies MY BLA te noem.
Ja, heel moontlik later, ons werk tans aan ‘n model wat ons glo gaan werk.
Los jou details hier.
Maandag to Vrydag 8:00-17:00
Saterdae 9:00-15:00

Proe die Puurheid van Geelvet Biltong!
Shop ons lekker souse en speserye online – vinnig en maklik!
Biltong cravings?
Pull in by ‘n tak naby jou en kry jou share. Dis Vokkies my BLA!